Story Behind The Song
Translation: I write the words. Story about a songwriter and how she started writing songs and what inspires her
Song Description
Writing songs comes easy, it is all about observing people and finding what makes them tick and hoping that what you write gives them something to hold on to.
Song Length |
3:48 |
Genre |
Unique - Unclassified, Unique - Unclassified |
Similar Artists |
Lise Beekman, Sheryl Crow |
Language |
Other |
Era |
2000 and later |
| |
Lyrics
Ek skryf die woorde
Rympies maak en stories skryf is al wat ek kan doen
Doen dit al van kindsbeen af, na my eerste soen
Dit was 'n bruin oog seun, sy naam was Hans du Preez
Nou is liedjies skryf my daagliks doen saam met rose tee
Op ongelee tye kom die woorde soos 'n newel
In my boeretroos of saam met die knoffel krewels
In die kerk as Dominee langsaam en ernstig preek
Dis net die tyd wat 'n liedjie lyn //sy kop uit steek
Ek skryf die woorde wat met jou hart kom praat
As die son nie skyn en jou glimlag weg wil raak
En die stories word 'n tas vir jou seer siel
As dit donker word en die mensdom jou verniel
In blou akkoorde, ek skryf die woorde.
Somtyds bring die geelvink se maat al die woorde
Van 'n vreemdeling se hartseer uit die Noorde
Of 'n tolbos warrel nuwe ware lessse
Tussen wilgertakke en die lang ry sipresse
Mag daar elke dag 'n nuwe rympie wees
Waarin jy jou eie lewens lyn kan sien en lees
As stories skryf al is wat ek kan doen
Mag dit jou glimlag bring soos daai eerste soen
Ek skryf die woorde wat met jou hart kom praat
As die son nie skyn en jou glimlag weg wil raak
En die stories word 'n tas vir jou seer siel
As dit donker word en die mensdom jou verniel
In blou akooorde, ek skryf die woorde.
Solo
Ek skryf die woorde wat met jou hart kom praat
As die son nie skyn en jou glimlag weg wil raak
En al die stories word 'n tas vir jou seer siel
As dit donker word en die mensdom jou verniel
In in blou akkoorde, ek skryf die woorde